Legislation

Beskerming van Persoonlike Inligting by Unisa

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA), No 4 van 2013 bevorder die beskerming van persoonlike inligting deur openbare en private liggame, wat Unisa insluit. Die Wet is op 19 November 2013 deur die President van Suid-Afrika tot wet onderteken en op 26 November 2013 gepubliseer in die Staatskoerant, kennisgewing  37067. Op 22 Junie 2020 het die President aangekondig die effektiewe datum van POPIA is 01 Julie 2020 en het hy aan alle organisasies ’n grasietydperk van een jaar – van 01 Julie 2020 tot 30 Junie 2021 – gegee om hul prosesse en stelsels in ooreenstemming te bring met die voorwaardes en vereistes van POPIA.

In Unisa se konteks het die POPIA ’n beduidende impak op die manier waarop ons persoonlike inligting van ons studente, alumni, werknemers, diensverskaffers, donateurs, raadslede, navorsers, outeurs en gemeenskapbetrokkenheidslede insamel, stoor/argiveer, gebruik, deel en vernietig. Die Wet balanseer die geregverdigde vereistes van Unisa om persoonlike inligting vir sake- en strategiese doeleindes in te samel en te gebruik, teen individue se regte tot privaatheid.

Ons privaatheidsverklaring hier onder omskryf hoe ons u persoonlike inligting, openbaring en oordrag van u persoonlike inligting, inligtingsekuriteitsmaatreëls rakende u persoonlike inligting, en u regte soos voorgeskryf deur POPIA, insamel en gebruik. Ons heg ook die Persoonlike Inligting-voorraadlyste aan wat die persoonlike inligting wat ons insamel en verwerk, uiteensit.

Last modified: Mon Aug 07 16:42:05 SAST 2023