Legislation

Bepalings en voorwaardes

Gebruik

1.1      U gebruik van hierdie en ander webwerwe van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes wat hier onder uiteengesit word – insluitende, maar nie beperk nie tot, die dokumente waarna daar in sommige van die klousules verwys word.

1.2      Maak seker dat u die bepalings en voorwaardes sorgvuldig lees voordat u enige Unisa-webwerf besoek of aan enige kletskamer, nuusgroep, bulletinbord,  adreslys, transaksie of ander aanlyn forum van Unisa deelneem.

1.3      Deur hierdie webwerwe te gebruik, erken u dat u die bepalings en voorwaardes gelees het en dat u instem om daardeur beperk te word.

2. Kopiereg

2.1      Kopiereg © Universiteit van Suid-Afrika, Prellerstraat 340, Muckleneuk Hill, Pretoria, Suid-Afrika.  Alle regte wat nie uitdruklik toegestaan is nie, word voorbehou. Toestemming vir die kommersiële gebruik van enige inhoud op die Universiteit se webwerf kan van die Regsdienste se kantoor verkry word, by: 

Unisa, OR Tambo-gebou 11-21. Prellerstraat, Muckleneuk, Pretoria, 0003

Posadres:

Posbus 392, Unisa, 0003

E-pos: peijpejad@unisa.ac.za

2.2    U mag inhoud van die Unisa-webwerwe aflaai, besigtig en uitdruk vir wettige doeleindes alleenlik.

2.3    Alle morele regte van Unisa en sy werknemers, agente en studente word voorbehou.

2.4    Sekere bepalings en voorwaardes is gebaseer op ’n sjabloondokument wat deur Buys Geïnk. Prokureurs gelisensieer is.

3. Ander regte op intellektuele eiendom/goedere

3.1    Al die werk, handelsmerke en databasisse op hierdie webwerf, insluitende maar nie beperk nie tot sagteware, teks, grafika, ikone, hiperskakels en ontwerpe, is patentregtelik van of gelisensieer tot Unisa en word as sodanig beskerm teen skending deur plaaslike en internasionale wetgewing en ooreenkomste. Onderhewig aan die regte wat hierin aan u gegee word, word alle ander regte op intellektuele eiendom op hierdie werf uitdruklik voorbehou.

4. Elektroniese kommunikasie

4.1    Wanneer u die Unisa-webwerf besoek, en gedurende daardie besoek ’n webvorm voltooi om inligting te versoek, of wanneer u ’n e-pos aan Unisa stuur, en nie uitdruklik ’n nie-elektroniese kommunikasiemedium versoek nie, stem u in om elektronies kommunikasie van Unisa te ontvang, en gee u toe dat alle ooreenkomste, kennisgewings, openbarings en ander kommunikasie wat deur Unisa gestuur word, aan enige regsvereistes voldoen, insluitende maar nie beperk nie tot die vereiste dat sodanige kommunikasie “op skrif” moet wees.

4.2    U erken en aanvaar dat die handeling om op gespesifiseerde knoppies op sekere webvorms op die Unisa-werwe te klik, ’n uitdrukking van voorneme of ander stelling kan uitmaak.

5. Aaneenskakeling en raming

5.1    Hiperskakels op Unisa-werwe na ander werwe, word net so geplaas – dit beteken dat Unisa nie noodwendig met die inhoud op sulke webblaaie saamstem, of dit redigeer of borg nie. Unisa ontken enige verantwoordelikheid vir die materiale wat in sulke aaneengeskakelde webwerwe vervat is. U kan die aanlyn terugvoervorm gebruik om Unisa in kennis te stel van enige inhoud op sulke aaneengeskakelde werwe wat aanstootlik of onwettig kan wees.

5.2    Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, onderneming, entiteit of webwerf enige blad – insluitende die tuisblad – op hierdie webwerf, op watter manier ook al, insluitende  deur raming, op hul webwerf voorstel sodat dit soos hul eie inligting lyk.

6. Die gebruik van soektegnologie

6.1    Die gebruik van soektegnologie soos “webkruipers” of websnuffelprogramme (“spinnekoppe”), om hierdie webwerf te deursoek en inligting daarvan te verkry, word nie toegelaat indien sodanige tegnologie die webwerf sal stadiger maak of die Universiteit se regte op intellektuele eiendom sal skend nie.

7. Vrywaring

7.1    Unisa maak geen voorstellings of waarborge, geïmpliseer of andersins, dat, onder andere, die inhoud en tegnologie wat van hierdie webwerf beskikbaar is, vry van foute of weglatings is of dat die diens 100% ononderbroke of foutvry sal wees nie. Gebruikers word aangemoedig om enige moontlike wanfunksionering en foute aan te meld.

7.2    Hierdie webwerwe word op ’n “soos dit is”-grondslag aangebied en die gebruiker stem in dat die werwe op eie risiko gebruik word. Hierdie webwerwe word nie opgestel of voorsien om aan die gebruiker se individuele vereistes te voldoen nie. Die gebruiker is alleen daarvoor verantwoordelik om hom/haar daarvan te vergewis dat die diens wat van en deur hierdie webwerwe beskikbaar is,  aan die gebruiker se individuele vereistes sal voldoen en versoenbaar sal wees met die gebruiker se hardeware en/of sagteware.

7.3    Inligting, idees en menings wat op hierdie webwerf gegee word, moet nie as professionele advies of as die amptelike mening van Unisa beskou word nie, tensy die teendeel uitdruklik aangedui word.  

7.4    Alle items, insluitende studiemateriaal, wat van Unisa aangekoop word, is volgens ooreenkomste met verskeping-, aflewering- of versendingsagente – en die risiko van verlies word van Unisa aan sodanige agente oorgedra met die aflewering van enige item aan sodanige karweier.

7.5    Nie Unisa of enige van sy agente of verteenwoordigers sal aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of las, van watter aard ook al, wat voortspruit uit die gebruik van enige produk wat op hierdie webwerf verkoop word, of uit die onvermoë om sodanige produk te gebruik nie.

7.6    Unisa keur of redigeer nie al die inhoud, insluitende plasings van enige aard, op die verskillende universiteitswebwerwe nie en aanvaar nie enige aanspreeklikheid vir onwettige, lasterlike of  onwelvoeglike inhoud nie. Ons wil u aanmoedig om die aanlyn terugvoervorm te gebruik om Unisa in kennis te stel van enige inhoud wat aanstootlik of onwettig is.

7.7    Geen inligting of data op hierdie webwerf is ’n aanbod om sake te doen nie, maar is bloot ’n uitnodiging om sake te doen.

7.8    Geen ooreenkomste sal aangegaan word deur bloot ’n databoodskap na Unisa te stuur nie. Geldige ooreenkomste vereis aanvaarding van ’n aanbod van Unisa.

7.9    Geen e-pos-boodskap sal beskou word as ontvang deur die instelling totdat die volledige databoodskap Unisa se e-posbediener binnegaan en deur die geadresseerde herwin en verwerk kan word nie.

8. Beskrywing van hoofkenmerke van goedere en dienste

Die studiegeleenthede en ander goedere en dienste wat Unisa bied, word op verskillende webbladsye op die Unisa-webwerwe vermeld. Die inligting wat op sodanige bladsye verstrek word, is onderhewig aan verandering ingevolge afdeling 18.1. Volg die vinnige skakels na "study info" en "services and facilities" op die tuisblad vir meer inligting. Die Universiteit se brosjures is ook beskikbaar via myRegistration @ Unisa.

9. Fooie en ander kostes

9.1    Die fooie, relevante heffings en ander kostes vir studie-eenhede (kursusse, modules en programme) en pryse, belastings en verskepingskostes vir ander Unisa-produkte word op verskeie webbladsye op die Unisa-werwe vermeld. Hierdie bedrae is onderhewig aan verandering ingevolge afdeling 18.1.

9.2    Geen BTW is betaalbaar op studiegelde of internasionale bestellings vir ander produkte of dienste nie.

9.3    Invoerbelasting kan betaalbaar wees deur ontvangers van goedere in ander lande. Unisa dra nie kennis van en verskaf dus nie inligting oor sodanige heffings nie. 

10. Aflewerings en ander diensvlakke

10.1   Voorgraadse registrasies sal uitgevoer word binne 30 dae ná ontvangs van ’n aansoek, tensy anders ooreengekom. Die omkeertyd vir toelating tot en registrasie vir nagraadse studies is nie gewaarborg nie, onder andere vanweë die kompleksiteite van die toelatingsproses, insluitende die verifiëring van getuigskrifte.

10.2   Die leweringstye vir studiemateriaal, biblioteekmateriaal en ander bykomende goedere sal binne 30 dae ná ontvangs van ’n aansoek, versoek of bestelling wees, onderhewig aan seisoenspitse  en/of vertragings by doeane.

11. Betalingsmetodes

11.1   Slegs versoeke vir kredietkaartbetalings word via die Unisa-webwerwe aanvaar. Hierdie aansoeke word aflyn verwerk, op ’n later tydstip.

11.2   Verskeie ander opsies vir aflynbetaling, soos direkte bankdeposito’s en tjekbetalings, is beskikbaar aan voornemende studente en die kopers van ander produkte.

12. Bepalings van ooreenkoms en waarborge

12.1   Die bepalings, reëls en regulasies, insluitende maar nie beperk nie tot kansellasies en terugbetalings, wat geld wanneer ’n persoon as ’n student by Unisa registreer, word weergegee in die Universiteit se inligtingsbrosjures.

12.2   Die bepalings van ooreenkoms vir ander transaksies, soos die leen of aankoop van boeke, word op die relevante webbladsye weergegee.

12.3   Indien ’n gebruiker nie tevrede is met goedere wat van Unisa aangekoop is nie, mag hy/sy sodanige goedere terugbesorg of nie, soos gespesifiseer op die relevante bestelvorm op die webwerf, onderhewig aan die afkoelperiode van sewe (7) dae ná die datum van ontvangs van sodanige goedere.

12.4   Indien Unisa die verkeerde produk lewer of indien die produk enigsins defektief of beskadig is, sal Unisa dit vir die korrekte een omruil. Unisa sal ’n  redelike poging aanwend om die produk om te ruil, maar indien vervanging nie moontlik is nie, sal Unisa die aankoopprys insluitende afleweringskoste binne 30 dae terugbetaal.  

12.5   Indien die gebruiker nie tevrede is met sy/haar keuse nie en indien die produk nog ongeskonde is, mag die gebruiker dit terugbesorg en sal Unisa die aankoopprys terugbetaal – afleweringskoste uitgesluit, binne 30 dae.

12.6   Neem kennis dat, indien dit reeds oopgemaak is, die volgende tipes goedere nie vir ’n terugbetaling aanvaar sal word nie en slegs met ’n kopie van dieselfde produk vervang sal word: oudiokassette, CD’s, video’s, DVD’s en rekenaarsagteware.

12.7   Die bepalings van ooreenkoms sal geld vir die tydperk waartydens ’n persoon ’n geregistreerde student by Unisa is of totdat ander transaksies, soos die aankoop of leen van goedere by Unisa, aangegaan is volgens die bepalings wat op sodanige transaksies betrekking het.

13. Selfregulering, akkreditering, en gedragskode

13.1   As ’n openbare universiteit wat ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 101 van 1997, opgerig is, word Unisa aan verskeie wette van die regering van Suid-Afrika onderwerp, val dit onder die beskerming van die Onderwysdepartement, en word dit deur ’n onafhanklike Raad regeer.

13.2   Unisa is ’n lid van die South African Universities Vice-Chancellors' Association (SAUVCA), ’n  statutêre liggaam waarvan die funksies gereguleer word deur die Wet op Universiteite, 61 van 1955, soos gewysig.

13.3   Unisa is ook ’n lid van verskeie ander internasionale universiteitsverenigings. Klik HIER vir besonderhede.

 

14. Skeibaarheid

14.1   Hierdie Bepalings en Voorwaardes van Gebruik maak die algehele ooreenkoms tussen Unisa en u, die gebruiker van hierdie webwerf, uit. Enige versuim deur Unisa om enige reg of bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes van Gebruik uit te oefen of af te dwing, sal op generlei wyse ’n kwytskelding van sodanige reg of bepaling uitmaak nie.  

14.2   Ingeval enige bepaling of voorwaarde rakende die gebruik van hierdie webwerf om enige rede nie ten volle afdwingbaar of geldig is nie, sal sodanige bepaling(s) of voorwaarde(s) skeibaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes. Die oorblywende bepalings en voorwaardes sal nie geaffekteer word deur sodanige onuitvoerbaarheid of ongeldigheid nie en sal afdwingbaar en toepaslik bly.

15. Beherende wet

15.1   Hierdie webwerf word vanaf die Republiek van Suid-Afrika gehuisves, beheer en bedryf en word dus deur Suid-Afrikaanse wetgewing regeer, onderhewig aan die bepalings van internasionale publiekreg.

16. Privaatheid

16.1    Unisa is verbind tot die beskerming van ons gebruikers se privaatheid.

16.2    Unisa samel persoonlike inligting in slegs wanneer gebruikers vrywillig sodanige inligting verskaf, byvoorbeeld wanneer hulle wil registreer om aan Unisa te studeer, wanneer hulle registreer om die aanlyn dienste van die Universiteit te gebruik, of wanneer hulle inligting aanvra en verkies om sodanige inligting via e-pos te ontvang. 

16.3    In sommige gevalle word nie-persoonlike inligting, soos die gebruiker se domein en IP-adres, op die gebruiker se rekenaar gestoor as ’n koekielêer en in ’n statistieklêer op die webbediener.  Hierdie inligting word gebruik om die diens wat aan gebruikers gebied word, te verbeter.  

16.4    Die persoonlike inligting wat ingesamel is, word gestoor in databasisse waarvan toegang streng beheer word en beperk word tot slegs personeel wat in die uitvoering van hul pligte, toegang tot sodanige inligting benodig. 

16.5    Geen persoonlike inligting oor ’n gebruiker sal aan derde partye bekendgemaak word sonder die gebruiker se toestemming of geregtelike wyse nie.

16.6    Deur hierdie webwerf te gebruik, gee die gebruiker toestemming vir die volgende:

16.6.1 Unisa mag persoonlike inligting oor die gebruiker aanwend om van tyd tot tyd met die gebruiker te kommunikeer.  

16.6.2 Unisa mag die gebruiker se inligting aanwend vir nie-persoonlike statistiese doeleindes.  

16.7    Geregistreerde studente mag hul eie, persoonlike en ander studieverwante inligting besigtig deur die myUnisa-stelsel.

17. Sekuriteit

17.1    Alle redelike stappe sal geneem word om ’n gebruiker se inligting te beveilig.  

17.2    Gebruikers onderneem om nie hul gebruikername of hul wagwoorde aan enige ander persoon bekend te maak nie.

17.3    Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, onderneming of entiteit ongemagtigde toegang tot enige inligting op hierdie webwerf verkry of probeer verkry, of om enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf te verskans of te probeer verskans. Enige persoon wat enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf verskans of probeer verskans of probeer om ongemagtigde toegang tot enige bladsy op hierdie webwerf te verkry, sal strafregtelik aanspreeklik gehou word, en indien Unisa enige skade of verlies sou ly, sal daar geëis word vir siviele skade. 

17.4    Alle versoeke vir kredietkaartbetalings is geënkripteer met 128 bis-BSL (Beveiligde Soklaag)-enkripsietegnologie. Die maatskappyregistrasiedokumente en die webwerf se geregistreerde domeinnaam word deur Verisign nagegaan en geverifieer.

18. Veranderinge en wysigings

18.1    Unisa behou uitdruklik die reg voor, geheel na eie goeddunke en in sy vrye oordeel alleen, om enige kriteria, inligting, pryse en tariewe wat op sy webwerwe gekwoteer word, sonder voorafkennisgewing te wysig en/of te verander.

18.2    Unisa mag, geheel na eie goeddunke, die bepalings en voorwaardes wat met die gebruik van sy webwerwe gepaardgaan, te eniger tyd sonder voorafkennisgewing verander.  

19. Geskille

19.1    Indien daar enige geskil van enige aard sou ontstaan tussen die partye oor enige saak waarvoor daar in hierdie ooreenkoms voorsiening gemaak word, of wat uit hierdie ooreenkoms voortspruit, sal die Suid-Afrikaanse wetgewing toegepas word en sal die toepaslike howe van Suid-Afrika regsbevoegdheid hê.

20. Domicilium

20.1    Unisa kies as sy domicilium citandi et executandi, vir alle doeleindes onder hierdie ooreenkoms, hetsy met betrekking tot geregtelike prosesstukke, kennisgewing, of ander dokumente of kommunikasie van watter aard ook al,  OR Tambo-gebou 13-15, Prellerstraat 340, Muckleneukrif, Pretoria.

21. Termyn en beëindiging

21.1  Hierdie ooreenkoms sal begin wanneer die gebruiker begin om die Unisa-webwerwe te gebruik, en duur onbepaald voort totdat dit deur Unisa beëindig word ingevolge klousule 17 hierby, of om enige ander rede.

22. Algemene inligting

22.1  Die Universiteit van Suid-Afrika is ’n openbare universiteit wat beskou word as opgerig ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 101 van 1997.    

22.2  Die Universiteit kan by die volgende adresse besoek word of via die volgende besonderhede gekontak word:

Posadres:

Posbus 392, Unisa, 0003, Suid-Afrika

Straatadres:

Prellerstraat, Muckleneukrif, Pretoria, Suid-Afrika

Faks: +27 (0)12 429-4150

Webwerf:

www.unisa.ac.za

E-pos:

study-info@unisa.ac.za  vir studieverwante inligting

webmaster@unisa.ac.za  vir tegniese sake

22.3   Die Kanselier van die Universiteit is Mnr Thabo Mvuyelwa Mbeki; die Voorsitter van die Raad is Mnr Mashukudu James Maboa, en die Rektor en Visekanselier is Prof Puleng LenkaBula.

Die name van die lede van die Raad en senior bestuur is beskikbaar op die volgende webwerf – klik asseblief HIER .

Last modified: Mon Aug 07 16:42:05 SAST 2023